Krotoa Foundation
Wednesday, September 22, 2010
Tuesday, September 21, 2010
Lunchbox theatre
Vanaand is die finaal van dieTshisa talent aand. Ietsiebietsie se vrouens is een van die 8 finaliste. EN raai wie is die hart van hulle......ons selle Krotoa foundation se hart groepie. Marie Henry, Sophia en Beverly van die GO sentrum in Kranshoek is vanaand daar en ons hou styf duim vas. Ons bere gaan beslis ook deel wees van hulle uitstalling. Kyk na Lunchbox theatre op facebook as jy meer wil weet van die geleentheid.
By die sentrum gaan dit volstoom met ons breiers. Ant Betta brei dat die stof so staan...as die ou rumatiek tog net wou los want soos sy nou die dag se...ag Here, ek hou so van brei! Ant Nancy se handjies hou ook nooit op
En dan het ons vandag 'n nuwe vriendskap begin met Vivienne. Ons gaan vir hulle katte en honde brei....om te help met opvoedingswerk in die gemeenskappe in en om Plett. Meer nuus later.
Friday, July 30, 2010
Die Bekendstelling
Dit is amptelik....Krotoa foundation is bekend gestel aan die gemeenskap. Ons het tee gedrink en heerlike happies geeet. Die knap vrouens kan nie net brei nie....hulle is sommer 'n voorslag in die kombuis. Ons gaste was vooraanstaande mense uit die Griekwa gemeenskap en vriende uit Plettenberg Baai. Elke vrou wat deel geneem het aan die brei projek het die eerste item wat sy gemaak het gekry om huis toe te neem. Ons was sommer 'n baie trotse spul bymekaar. Mooi woorde is gesspreek en eer is gegee aan die Hoogste wat alles vir ons moontlik gemaak het.
So lyk dit....
Baie dankie vir almal se bydrae.....en baie dankie, ja ons het nog baie wol en goedjies nodig. Elke stukkie afval wol of materiaal word gebruik so moet ons nie vergeet. Die bere en ander speelgoed is pragtig en kan gekoop word by die GO sentrum in Kranshoek. Skakel Beverley by 0445339273
Monday, July 26, 2010
Check ons nou...ons brei
Ons is nou drie weke aan die gang. Krotoa foundation is 'n groep vroue in Kranshoek wat begin brei het. Hulle brei bere, seekoei handskoene en watter ander ander patrone hulle ook al in die hande kan kry. So lyk hulle werk. Hiermee gaan hulle die GO sentrum se fondse versterk en speelgoed gee vir kinders wat dit nie breed het. Wol, lint. batting, naalde en all materiaal wat oortollig in jou huis is kan hier met oorgawe gebruik word.
Subscribe to:
Posts (Atom)